HOOFSTUK 5
SINSTRUKTURE
A Betreklike
voornaamwoorde
Verbind die sinne hieronder met die
betreklike voornaamwoorde tussen hakies:
1.
|
Kaptein
Mfeka en sersant Schreuder laai Barries by die woonstel op. Barries is nog
half aan die slaap. (wat)
|
2.
|
Die
bloedtoetse dui aan dat Barries baie dwelms gebruik het. Die polisie het die
bloedtoetse ontvang (wat)
|
3
|
Barries
moet al die plekke uitwys. Hy koop gereeld dwelms by dié plekke. (waar)
|
4.
|
Barries
is 'n persoon. Die polisie kan nie op hom staatmaak nie. (op wie)
|
5.
|
Butcher
is die groot dwelmhandelaar. Die De Kock-broers het hulle van Butcher vertel.
(van wie)
|
6.
|
Hulle
wil ook die groot haelgeweer sien. Butcher dreig mense met die geweer.
(waarmee)
|
7.
|
Die
verkeersman lê in dieselfde afdeling van die hospitaal. Sy vrou werk in die
hospitaal. (waarin)
|
8.
|
Barries
koop soms by die Turk dagga. Hy moet baie vir die dagga betaal. (waarvoor)
|
9.
|
Nou
koop hy dagga by die kosstalletjie. Die stalletjie is naby hul woonstel.
(wat)
|
10.
|
Daar
loop Floris de Kock. Barries koop altyd vir hom dwelms. (vir wie)
|
[Bron: <a
href="https://www.clipart.email/">clipart.email</a>]
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking