HOOFSTUK 5
WOORDSTRUKTURE
Voer die opdragte tussen hakies uit:
1.
|
Die beseerde man se vrou is 'n
(verpleeg – gee 'n afgeleide naamwoord) ___ by die (hoog + sorg – gee die
regte samestelling) ___-eenheid van
die hospitaal.
|
|
|
|
|
2.
|
Die hospitaal het verskeie (eenheid –
gee die meervoud) ___ waar pasiënte (treat
– gee die Afrikaans) ___ word.
|
|
|
|
|
3.
|
Barries-hulle bly in 'n klein, maar
luukse (woonstel – gee die verkleiningsvorm) ___ in Houghton terwyl Lizette-hulle
en die De Kocks in (enorme – gee 'n sinoniem) ___ herehuise woon.
|
|
|
|
|
4.
|
Barries se aanwysings na Butcher se
winkel is (mislei – gee 'n afgeleide byvoeglike naamwoord) ___, want hy is
bang Butcher sal hom (vermoor – gee 'n sinoniem) ___.
|
|
|
|
|
5.
|
Kaptein Mfeka weet dat Barries (nie
die waarheid praat nie – gee een woord) ___, maar hy volg nogtans die
(leidraad – gee die meervoud) ___ op.
|
|
|
|
|
6.
|
Barries vertrek (binnekort, kort-kort,
kortliks – kies die regte woord) ___ na sy pa in die Oos-Kaap en hy kyk
((binnekort, kort-kort, kortliks – kies die regte woord) ___ op sy (watch – gee die Afrikaans) ___ om te
sien hoeveel tyd daar nog oor is.
|
|
|
|
|
7.
|
Die polisie se soektog na dwelms in
die woonstel is (nie suksesvol nie – gee een woord) ___, want hulle keer met
(leeg – gee die intensiewe vorm) ___ hande terug.
|
|
|
|
|
8.
|
Kaptein Mfeka gee Barries 'n (waarsku
– gee 'n afgeleide naamwoord) ___ om nie weer dagga te (use – gee die Afrikaans) ___ nie.
|
|
|
|
|
9.
|
In die woonstel maak Barries 'n (meng
– gee 'n afgeleide naamwoord) ___ van ecstacy en die dagga wat hy by die
(kosstal – gee die verkleining) ___ gekoop het.
|
|
|
|
|
10.
|
Barries klim op die balkonmuurtjie en
(balans – gee 'n afgeleide werkwoord) ___ homself dan (bo, tussen, oor – kies
die regte voorsetsel) ___ hemel en aarde voordat sy ma hom daar kom afruk.
|
|
|
|
|
[Bron: bostonglobe.com]
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking