Maandag 25 Mei 2020

ASEM-gebaseerde taaloefeninge


B.       Gemengde oefening

Lees die sinne hieronder en skryf dit dan oor soos aangedui:

1.
Barries slaap sleg en droom hoe sy pa hom met 'n leerbelt aanrand.

Barries slaap nie ... en droom hoe hy ...




2.
Barries se ma wil nie sy selfoon teruggee nie, want hy moenie sy vriende kontak nie.

Barries se ma weier om ..., aangesien ...




3.
Sy ma pak al sy goed in. Hy kom nie weer terug nie.

Sy pak al sy goed in, ingeval ...




4.
Sy sê dat die polisie 'n eskort saamstuur sodat Barries nie kan probeer ontvlug nie.

Volgens haar ..., dan ...




5.
Barries vertel vir Nico dat hy 'n goeie sportman is en dat hy musiek skryf.

Barries sê vir Nico: "..."




6.
Barries word bang as hulle nader aan hul bestemming kom.

Hoe nader ..., ...




7.
Barries koop koeldrank en vleispasteitjies wanneer hulle in Humansdorp aankom.

Barries koop sowel ...




8.
Nico gooi druppels in Barries se oë en hy wonder wat sy sal doen as hy haar soen.

Nico help Barries om ... , en hy wonder: ...




9.
'n Rooi Beach Buggy kom met 'n harde lawaai daar aan en hou voor die vulstasie stil.

Met 'n harde lawaai ... en hou voor die vulstasie stil.




10.
Barries dink: My lewe is van vandag af nie meer dieselfde nie.

Barries dink: Van môre af ...





Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking