Maandag 25 Mei 2020

ASEM-gebaseerde taaloefeninge


SINSTRUKTURE

A.         Ontkennende vorm (Negatief)

Skryf die sinne of beantwoord die vrae hieronder in die ontkennende vorm soos aangedui:

1.
Was Barries se pa sowel 'n skilder as 'n beeldhouer terwyl hy in Johannesburg was?

Nee, ...




2.
Het Barries se pa al iets van hom laat hoor sedert hy op die plaas woon?

Nee, ...




3.
Is daar nog iets wat Barries se ma in sy trommel moet pak?

Nee, ...




4.
Het jy al met 'n toerbus Oos-Kaap toe gereis?

Nee, ...




5.
Barries moet die polisiesersant op haar titel aanspreek.

Barries hoef ...




6.
Barries en Nico raak nie gou in die bus aan die slaap nie.

Nóg ...




7.
Hou hulle êrens langs die pad stil om passasiers af te laai?

Nee, ...




8.
Barries moet kaptein Mfeka bel as hy op die plaas aankom.

Barries hoef ...




9.
Die vleispasteitjie wat Barries koop smaak nie lekker nie. Die koeldrank smaak nie lekker nie.

Nóg ...




10.
Het jy al ooit iemand in 'n rooi Beach Buggy met 'n Bulls-vlaggie sien ry?

Nee, ...





Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking