Maandag 25 Mei 2020

ASEM-gebaseerde taaloefeninge


HOOFSTUK 6

WOORDSTRUKTURE

Voer die opdragte tussen hakies uit:

1.
Dit voel (soms – gee 'n sinoniem) ___ vir Barries se ma of sy ook 'n (dwelm + verslaaf – gee 'n samestelling) ___ is en rehabilitasie (nodig – gee 'n afgeleide werkwoord) ___.




2.
Barries het 'n (nightmare – gee die Afrikaans) ___ en (vind dit moeilik – gee een woord) ___ om weer te slaap.




3.
Barries se pa was sy oupa sy enigste (erf – gee 'n afgeleide naamwoord) ___ en het vir hom 'n plaas gekoop. Hy wou nog altyd 'n lewe in (afsonder – gee 'n afgeleide naamwoord) ___ by die see (ly, lei, lui – kies die regte woord) ___.




4.
Barries se ma pak al sy (posessions – gee die Afrikaans) ___ in, totdat die trommel en tasse (vol – gee die intensiewe vorm) ___ is.




5.
Sersant Schreuder is 'n (jonk – gee die intensiewe vorm) polisievrou, maar sy is (ervare – gee die vergrotende trap) ___ as wat sy lyk.




6.
Barries wil weet hoekom Kaptein Mfeka hom so (liefhet – gee 'n antoniem) ___, maar Nico sê hy is net (kommer – gee die regte vorm van die woord) ___ oor Barries.




7.
Kaptein Mfeka se seun is in die tronk (a.g.v. – skryf in woorde) ___ dagga en hy wil nie hê dieselfde moet (met, vir, tot – kies die regte voorsetsel) ___ Barries gebeur nie. 




8.
Barries dink almal gee om vir die dagga, maar nie vir die (gebruik – gee 'n afgeleide naamwoord) ___ daarvan nie. Dis (nie regverdig nie – gee een woord) ___.




9.
Om (08:25 – skryf in woorde) ___ hou die bus by 'n vulstasie in Humansdorp stil.




10.
'n (Baard – gee 'n afgeleide byvoeglike naamwoord) ___ man in 'n (verbleik – gee 'n afgeleide deelwoord) ___ Beach Buggy wil by die (petrol – gee 'n sinoniem)-joggies weet of hulle 'n "Gauteng-snotkop" gesien het.





Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking