Woensdag 15 April 2020

All is fair in love and war - Jan van Tonder


1.
Edwill is smoorverlief op die mooie Helena alhoewel hy weet dat hy nie 'n goeie kans met haar het nie.

Gebruik die diagram en skryf 'n paragraaf van 80 – 120 woorde oor: Edwill se pogings om Helena in die hande te kry


(10)



Edwill-hulle werk verskillende strategieë uit hoe hy Helena in die hande kan kry.

2.
Wie help Edwill om sy strategieë te beplan?
(1)
3.
Edwill gebruik drie strategieë om Helena se hart te probeer wen.

3.1
Wat is Edwill se eerste strategie nadat hy die storie van die Trojaanse perd gehoor het?

(1)
3.2
Vir sy tweede strategie moet Edwill die biblioteek gebruik. Sê kortliks wat hy moet doen.

(1)
3.3
Edwill se derde strategie is die finale aanslag, die sogenaamde coup de gráce. Wat moet hy hierdie keer doen?

(1)
4.
Wanneer Edwill en Waldimar vir Edwill se coup de gráce by Helena se huis aankom, is albei seuns nat. Waarvan is hulle nat? Kies jou antwoord uit die volgende:

A
Hulle sweet omdat hulle vinnig daarheen gehardloop het.




(1)
B
Op pad daarheen het 'n sproeier hulle natgespuit.
C
Hulle sweet, want albei is bang vir wat op hulle wag.
D
Hulle is só bang vir Helena se ouers dat hulle hulself natgemaak het.




Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking