Lees
die onderstaande uittreksel en beantwoord dan die vrae.
| 
Waldemar neem sy nuwe pel, Edwill, tot binne-in
  Helena-hulle se huis, waar Edwill op sy gemak inligting kan insamel om aan sy
  suster verslag te doen. Lita het onderneem om hom te help om 'n strategie te
  ontwikkel wat hom darem meer as 'n kat
  se kans kon gee by die beeldskone Helena.  | 
| 
1. | 
Vroeër het Lita aan Edwill gesê:
  "Hel, boetie, dis Waldemar se girl daai! Jy't nie 'n kat se kans
  nie!" Wat beteken: Jy't nie 'n kat se kans nie"? | 
(1) | 
| 
2. | 
Edwill se vriendskap met Waldemar is
  nie ware vriendskap nie. Verduidelik hierdie stelling in die konteks van die
  verhaal. | 
(1) | 
| 
3. | 
Wat het Edwill by Helena-hulle se huis
  gedoen wat Waldemar nie bereid was om te doen nie? Noem twee dinge. | 
(2) | 
| 
4. | 
Met wie het Edwill in hierdie tyd goeie
  vriende gemaak? | 
(1) | 
| 
5. | 
Ons lees: "Lita het onderneem om
  hom te help om 'n strategie te ontwikkel". Noem een  televisie-persoonlikheid met wie Edwill sy
  suster vergelyk. | 
(1) | 
| 
6. | 
Edwill se suster, Lita, dink sy weet
  wat Waldemar se "Achilleshiel' is. | |
| 
6.1 | 
Waarna verwys dié woord? | 
(1) | 
| 
6.2 | 
Wat is Waldemar se Achilleshiel,
  volgens Lita? Kies jou antwoord uit die volgende: | 
(1) | 
| 
A | 
Hy help Helena nie wanneer sy
  skottelgoed was nie. | |
| 
B | 
Hy weet nie wie Oprah en Dr Phil is
  nie. | |
| 
C | 
Hy besef nie hoe belangrik kommunikasie
  tussen man en vrou is nie. | |
| 
D | 
Hy weet nie hoe om sy eie gedigte te
  skryf nie. | 
(1) | 
| 
Lita
  se oë is op die papier met die netjiese drukwerk in haar hand. Sy frons.
  Edwill wonder of sy dink dis 'n spul sentimentele snert. Maar sy glimlag
  skielik vir hom. 
"Jy
  gaan haar voete onder haar uitslaan, Boetie." | 
| 
1.7 | 
Ons lees hierbo: "Sy frons."
  Hoekom, dink jy, frons Lita? Kies die beste antwoord uit die volgende: | |
| 
A | 
Sy verstaan nie wat Edwill geskryf het
  nie. | |
| 
B | 
Sy kan nie glo
  dat Edwill dit self geskryf het nie. | |
| 
C | 
Sy dink nie
  die gedig is reg vir die geleentheid nie. | |
| 
D | 
Sy hou nie
  daarvan nie en dink dis 'n spul sentimentele snert. | 
(1) | 
| 
8. | 
In die aanhaling in vraag 1 het Lita
  vir Edwill gesê: "Hel, boetie, dis Waldemar se girl daai!" Hoekom,
  dink jy, word "Boetie" in die nuwe aanhaling hierbo met 'n
  hoofletter geskryf?" | 
(1) | 
| 
9. | 
Watter soort gedig het Edwill geskryf?
  Kies jou antwoord uit die volgende: | |
| 
A | 
'n ode | |
| 
B | 
'n liriek | |
| 
C | 
'n sonnet | |
| 
D | 
'n liefdesgedig | |
| 
10. | 
Uiteindelik is dit nie Edwill wat die
  gedig aan Helena voorlees nie. | |
| 
10.1 | 
Wie lees die gedig aan haar voor? | 
(1) | 
| 
10.2 | 
Hoe dink jy het hierdie persoon die
  gedig in die hande gekry? | 
(1) | 
| 
10.3 | 
Hoe reageer Helena op die voorlees van
  die gedig? | 
(1) | 
| 
11. | 
Edwill en Lita se plan misluk aan die
  einde. Voel jy jammer vir Edwill, of nie? Gee 'n paslike rede hoekom jy  so voel. | 
(1) | 
[15]
 
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking