BEDERFIE IS TOE 'N SPA(R)-TOER
'n "R" maak 'n groot verskil, het 'n Britse
vrou agtergekom toe haar kêrel haar 'n spa-naweek belowe het en haar toe na
nege verskillende Spar-winkels toe geneem het.
Volgens die Britse poniekoerant The Sun het Sue Pakey (44) het 'n sak gepak en sy was reg vir
twee dae van luukse bederfies nadat David Burrows sy Valentynsbelofte aan
haar gemaak het. Tot haar skok het hy egter naby hul huis in Birmingham voor
'n tak van die supermarkgroep Spar stilgehou.
"Toe ons stilhou, het hy gesê 'hier is ons' en toe
is hy by die winkel in om 'n paar goedjies te koop. Ek het eers gedink hy
koop net eetgoed. Toe ons by die tweede Spar-winkel stop, het ek gedink: 'Wat
gaan aan – ons gaan nie op die Spar-toer nie, gaan ons?' "
Burrows het aan Metro.co.uk gesê: "Ek is nie 'n
monster nie. Ek het by elke winkel iets gekoop." Die webwerf berig teen
die tyd dat hulle by die derde Spar-winkel stilgehou het, het Sue besef dis
'n Spar-toer. En sy was glad nie beïndruk nie en vertel dat hulle die
volgende paar uur op die pad tussen Spar-winkels in Birmingham deurgebring
het.
Sue het darem uiteindelik saamgelag. Burrows het haar op
Valentynsdag vir ete uitgeneem en belowe om haar binnekort vir 'n regte
spa-naweek weg te neem. Sy het hom skynbaar vergewe, maar bygevoeg: "Dit
gaan hom duur te staan kom."
Die webwerf Spabreaks.com het van Burrows se grappie
gelees en besluit om Pakey behoorlik te bederf. Sy is toe na die Ardencote
Hotel in Warwickshire geneem waar sy middagete, sjampanje, 'n Indiese
kopmassering en 'n pedikuur geniet het. Intussen moes Burrows buite in die
motor vir haar sit en wag.
|
[Verwerk
uit RAPPORT,
Sondag 23 Februarie 2020]
1.
|
Ons lees dat 'n Britse vrou agtergekom
het 'n "R" kan 'n groot verskil maak.
|
1.1
|
Wat het Sue Pakey gedink gaan op die
14de Februarie met haar gebeur?
|
1.2
|
Wat het toe egter gebeur? Sê kortliks.
|
1.3
|
Hoe is dit moontlik dat Sue Pakey haar
kêrel verkeerd verstaan het?
|
2.
|
By watter winkel het Sue eers regtig
besef wat aan die gang was?
|
3.
|
Wat was Sue se
|
3.1
|
aanvanklike reaksie op wat haar kêrel
gedoen het?
|
3.2
|
latere reaksie op wat hy gedoen het?
|
4.
|
Hoe verontskuldig Sue se kêrel die
feit dat hy by nege winkels stilgehou het?
|
5.
|
Sê of die volgende stellings WAAR of
ONWAAR is en haal paslike woorde uit die teks aan om jou antwoorde te staaf.
|
5.1
|
Daar is 'n Spar-winkel naby Sue-hulle
se woonplek.
|
5.2
|
Hierdie insident het na die 14de
Februarie plaasgevind.
|
5.3
|
Die Arbencote Hotel is in Sue se
tuisdorp.
|
6.
|
Sue is bereid om te vergewe, maar nie
te vergeet nie. Verduidelik hierdie stelling.
|
7.
|
Wie het uiteindelik vir Sue se
"luukse bederfies" (par. 2) betaal?
|
8.
|
Watter woord verwys na die versorging
van 'n mens se toonnaels?
|
9.
|
Sue sê:
""Dit gaan hom duur te staan kom."
Hoe het dit haar kêrel alreeds duur te
staan gekom toe hy haar vir 'n massering geneem het?
|
10.
|
Noem twee koerante waarna daar hierbo
verwys word.
|
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking