10 VRAE OOR HOOFSTUK 25
| 
"Lizette. Dit was lekker om weer
  jou stem te hoor." 
Daar volg 'n stilte wat soos kougom uitrek voor sy sê:
  "Baai, Barries. Jy moet soms van jou laat hoor." 
"Miskien. Baai." | 
| 
1. | 
Hoekom is Barries by
  die rotse en nie bo-op die heuwel terwyl hy met Lizette oor die foon praat
  nie? | 
| 
2. | 
Lizette vertel vir
  Barries dat sy en die twee broers by 'n reuse-kerk tot bekering gekom het,
  en  Barries reageer sinies:  " 'n Mens kan mos enige plek tot
  bekering kom, Lizette". 
Teenoor wie het
  Barries voorheen 'n soortgelyke siniese opmerking gemaak? | 
| 
3. | 
Wat bedoel Lizette as
  sy vir Barries sê: "Johannesburg kan nooit weer dieselfde wees nie,
  Barries"? | 
| 
4. | 
Hoe het Charles de
  Kock blykbaar sy invloed as prokureur gebruik tydens Theo se hofsaak? | 
| 
5. | 
Lizette is nie meer
  Barries se meisie nie, en Floris en Theo is nie meer sy vriende nie. | 
| 
5.1 | 
Wie is nou Barries se
  meisie? | 
| 
5.2 | 
Wie is nou Barries se
  vriend? | 
| 
6. | 
Dokter Jassie du Toit
  het twee keer hulp aangebied wat Barries-hulle nie gebruik het nie.
  Verduidelik hierdie stelling. | 
| 
7. | 
Jona loop vir die
  tweede keer die roete tussen Kaap St. Francis en Seeplaas. Wanneer het hy dit
  ook gedoen? | 
| 
8. | 
Wat het van die beeld
  geword wat Barries van Olga gemaak het? | 
| 
9. | 
Wat kry Barries aan
  die einde reg wat hy nie kon regkry toe hy die vorige keer op Seeplaas gebly
  het nie? | 
| 
10. | 
Hoe voel jy oor die
  boek Asem? Skryf 'n kort paragraaf
  waarin jy jou mening uitspreek. | 

 
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking