Woensdag 13 Maart 2019

10 VRAE OOR Vyf Koeplette as Detox deur Johan Myburg

1.
Watter toon kan jy vir die gedig voorspel, volgens die subtitel? Kies jou antwoord uit die volgende:

A
vrolik

B
opgewonde

C
vervelig

D
neerslagtig
2.
Ons lees in die eerste koeplet van "spieëls vol wasem".

2.1
Wat, dink jy, veroorsaak die wasem in die badkamer?

2.2
Watter effek het wasem op 'n spieël? Sê kortliks.
3.
Met wie, dink jy, praat die spreker in hierdie gedig?
4.
Watter aanduiding kry ons in die eerste koeplet dat die spreker moontlik verbitterd is? Sê kortliks.
5.
Die naam van die wyn wat die spreker drink, kan 'n rede wees vir die toon wat in die subtitel gesuggereer word. Verduidelik hierdie stelling kortliks.
6.
Detoks is om gifstowwe uit jou liggaam te verwyder. Noem twee gifstowwe waarvan ons lees, wat die spreker moontlik uit sy liggaam wil verwyder.
7.
7.1
Van watter ongesonde gewoonte wil die spreker blykbaar permanent ontslae raak, volgens die laaste koeplet?

7.2
Watter enkele woord dui dit aan?
8.

Noem vier dinge wat die spreker doen terwyl hy in die badkamer is.
9.
Watter soort rym vind ons in hierdie gedig? Kies jou antwoord uit die volgende:

A
paarrym

B
kruisrym

C
omarmde rym

D
gebroke rym
10.
Die woord "koeplet" word deurgaans gebruik. Wat is 'n koeplet?




Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking