Saterdag 09 Maart 2019

10 VRAE OOR Habakuk 1 deur Kobus Lombard


1.
Waarna verwys die titel Habakuk 1 van die gedig? Kies jou antwoord uit die volgende:

A
na die Bybelboek in die Ou Testament

B
na die spreker se eerste kind wat dood is

C
na die biologiese naam van die rosyntjiebos

D
na die god wat die Boesmans aanbid
2.
In reëls 1 en 2 vind ons 'n kontras tussen twee tye in die natuur. Verduidelik hierdie kontras kortliks.
3.
Waarna verwys reëls 3 en 4 by implikasie? Kies jou antwoord uit die volgende:

A
agteruitgang

B
skoonheid

C
voorspoed

D
mislukking
4.
Na watter "afrikaners" word daar in strofe 1 verwys?
5.
Die woord "rouklaag" is 'n samestelling.

5.1
Uit watter twee werkwoorde is die woord saamgestel?

5.2
Wanneer rou 'n mens?
6.
Ten spyte van die dood van die spreker se kind, het hy nie sy geloof in God verloor nie. Verduidelik hierdie stelling kortliks.
7.
Die spreker gebruik 'n vergelyking in die laaste strofe. Skryf 'n paar sinne waarin jy hierdie vergelyking verduidelik.
8.
Hoekom, dink jy, word die Kalaharison "wit" genoem?
9.
Wat beteken "brei" in die konteks van die gedig? Kies jou antwoord uit die volgende:

A
hard maak

B
gesond maak

C
toemaak/bedek

D
sag maak
10.
Wat is die naam van die Boesmans se god?


Gaan lees nou ook "O, die pyngedagte" en "Die Godsbesluit" wat die digter Totius geskryf het na die dood van sy kinders.



Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking