1.
|
Gee elke keer 'n pleknaam wat ons
verbind met die spreker se verblyf
|
|
|
1.1
|
in Suid-Afrika
|
|
1.2
|
in Europa
|
2.
|
Die spreker het nie "alleen"
Europa toe gegaan nie. Wat het sy saam met haar geneem?
|
|
3.
|
Die spreker verwys in die eerste reël
na 'n dagboek. Wat skryf 'n mens gewoonlik in 'n dagboek?
|
|
4.
|
Watter bewys kry ons dat die spreker
en die aangesprokene blykbaar dikwels
saam gaan stap het? Haal vyf opeenvolgende woorde as antwoord aan.
|
|
5.
|
Ons lees drie keer van die son in die
gedig.
|
|
|
5.1
|
Wat doen die son in reël 3? Sê in jou
eie woorde.
|
|
5.2
|
Watter aanduiding kry ons dat die son
laat ondergaan in Portugal?
|
|
5.2
|
Wat gebeur egter met dié son in reël
17? Sê in jou eie woorde.
|
6.
|
Watter woord pas nie by die stemming
in hierdie gedig nie?
|
|
|
A
|
heimwee
|
|
B
|
apatie
|
|
C
|
nostalgie
|
|
D
|
hartseer
|
7.
|
Watter aanduiding kry ons dat die
spreker dit oorweeg om permanent in Europa te bly?
|
|
8.
|
Gee 'n moontlike verduideliking van
die woord "afwesige" (reël 5) in die konteks van die gedig.
|
|
9.
|
'n Jaar nadat hierdie gedig geskryf
is, het Ingrid Jonker haar eie lewe geneem. Haal woorde uit die gedig aan wat
reeds op selfdoodgedagtes kan dui.
|
|
10.
|
Hierdie gedig het in 1966 postuum
verskyn. Wat beteken dit as iets "postuum" verskyn?
|
Vrydag 29 Maart 2019
10 VRAE OOR "As jy weer skryf" deur Ingrid Jonker
Etikette:
10 vrae oor ...,
Gedigte
Teken in op:
Plaas opmerkings (Atom)
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking