Vrydag 29 Maart 2019

10 VRAE OOR "Draai na my" deur Louis Esterhuizen

1.
Wat suggereer die titel van die persoon met wie die spreker praat?
2.
Die drie strofes dui elk 'n ander tydsgreep aan:
In strofe 1 lees ons: "Daar sal dae wees ... (toekoms)
In strofe 2 lees ons: "... en alles vreugde was." (verlede)
In strofe 3 lees ons: "... en te sien hoe dit is ..." (hede)
Sê nou kortliks in jou eie woorde

2.1
hoe die toekoms sal wees.

2.2
hoe die verlede was.

2.3
hoe die hede is.
3.
Ons lees: "wanneer die wêreld onkant draai". Wat beteken dit as iets 'n mens "onkant vang"?
4.
"'n holte vir jou voet" verwys daarna dat daar vir jou 'n plek in die lewe gegun word. Dit bied gerusstelling aan 'n mens. Wat sê die spreker egter van so 'n holte vir die aangesprokene se voet?
5.
Watter woord in strofe 1 dui daarop dat iets anders (verdraaid) voorgestel word van wat dit regtig is?
6.
Ons lees van "die gelag van vriende"

6.1
Watter effek het so 'n gelag gewoonlik op 'n mens?

6.2
Watter effek sal so 'n gelag egter soms op die aangesprokene hê?
7.
"dae wanneer die son 'n goiingsak is" is 'n voorbeeld van

A
enjambement

B
vergelyking

C
simboliek

D
metafoor
8.
Haal 'n sinoniem uit strofe 2 aan vir:  vreesloos/sorgvry
9.
Wat bepleit die spreker aan die einde van die gedig?
10.
Die gedig sê nie spesifiek wat verkeerd is met die aangesprokene nie. Suggesties word wel gemaak. Wat dink jý is verkeerd met die aangesprokene in die gedig? Verduidelik en motiveer jou interpretasie kortliks.



Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking