Donderdag 14 Februarie 2019

10 VRAE OOR Versoening deur Lucas Malan

1.
Die woord "Ag" in reël 1 is 'n emosionele uiting. Wat dui dit hier aan? Kies jou antwoord uit die volgende:

A
opgewondenheid

B
moedeloosheid

C
haat

D
roekeloosheid
2.
Hoe sal jy die pa en seun se verhouding beskryf, volgens wat ons in die eerste strofe lees? Kies jou antwoord uit die volgende:

A
gemaklik

B
vriendelik

C
liefderyk

D
problematies
3.
Wat was moontlik die spreker se pa se beroep as jy kyk na beelde wat gebruik word? Kies jou antwoord uit die volgende:

A
meubelmaker

B
loodgieter

C
beeldhouer

D
houtkapper
4.
In watter distrik was die plasie Oliewenhoutfontein waarskynlik geleë?
5.
Met watter produk, dink jy, is daar op die plasie geboer?
6.
Gee 'n enkele woord uit die gedig wat 'lank gelede' beteken.
7.
Watter woord dui aan dat die spreker se pa nie die geld wat hy vir sy plasie gekry het, versigtig hanteer het nie?
8.
Hoe dink die spreker voel sy pa moontlik oor hom, volgens die voorlaaste strofe? Kies jou antwoord uit die volgende:

A
dankbaar

B
geskok

C
teleurgesteld

D
tevrede
9.
In reël 13 lees ons: "en jy't jou hawer nooit gesaai nie" waar daar na plantsaad verwys word. In reël 16 lees ons: "die saad is klaar gestort".
Na watter "saad" dink jy word daar in reël 16 verwys?
10.
In die laaste strofe woon die spreker waarskynklik nie meer op 'n plaas nie, maar in die stad. Wat het hy egter hier gedoen om sy herinneringe aan sy lewe op die plaas lewendig te hou?



1 opmerking: