Donderdag 21 Februarie 2019

10 VRAE OOR Pa deur Marlise Joubert

1.
Watter stereotipiese beeld bestaan daar van 'n pa, volgens die eerste reël? Verduidelik kortliks in jou eie woorde.
2.
Watter enkele woord in die gedig dui aan dat die spreker se pa nie aan dié stereotipiese definisie voldoen het nie?
3.
Suid-Afrika is 'n land van kontraste, 'n land van uiterstes, soos duidelik blyk uit die tweede strofe. Verduidelik hierdie stelling kortliks.
4.
Watter enkele woord in die derde strofe dui aan dat die spreker se pa reeds dood is?
5.
Kyk na die gebruik van beelde in hierdie gedig en sê dan hoe die spreker se pa moontlik 'n bestaan gemaak het.
6.
Die eerste strofe wemel van lang vokale.

6.1
Watter effek het die lang vokale by die lees van dié strofe?

6.2
Hoekom, dink jy, maak die spreker so kwistig gebruik van hierdie lang vokale?
7.
Haal elke keer 'n enkele werkwoord uit die gedig as antwoord aan: As dit gereën het, het dit die pa laat _____ en as daar droogte was, het dit hom laat _____
8.
Kies die regte antwoord uit die moontlikhede hieronder:
"die knettervuur van son" is 'n voorbeeld van

A
metafoor

B
alliterasie

C
eufemisme

D
vergelyking
9.
Hoekom, dink jy, is die laaste vier reëls kursief gedruk?
10.
Watter tragiese gebeure kan "die laaste brief" moontlik aandui?




Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking