Dinsdag 19 Februarie 2019

10 VRAE OOR My mamma is bossies deur Jeanne Goosen

1.
Die spreker sê aan die begin van elke strofe: "my mamma is bossies".
1.1
Watter van die uitdrukkings hieronder beteken nie dieselfde as dié aanhaling nie?

A
Sy is van lotjie getik.

B
Sy is hoog in die takke.

C
Sy is met die maan gepla.

D
Sy het 'n klap van die windmeul weg.
1.2
Die spreker se ma is skynbaar reeds dood. Watter ander betekenis kry die woord "bossies" in hierdie geval? Verduidelik kortliks.
2.
Hoe verander die gebruik van die woord "mamma" in plaas van "ma" die toonaard van hierdie gedig?
3.
Ons lees in die laaste strofe:

"Sy jaag haar ganse strandlangs
met 'n dun swepie aan"
3.1
Verduidelik kortliks watter verband daar moontlik tussen hierdie beeld en die spreker se van bestaan.
3.2
Waarna kan dié beeld van ganse dan verwys?
4.
Watter twee aanduidings kry ons ...
4.1
dat die spreker se ma baie van operamusiek gehou het?
4.2
dat die spreker se ma baie streng was?
5.
Watter enkele woord dui aan dat die spreker se ma meestal nie 'n spontane, vrolike mens was nie?
6.
Wat verstaan jy in die konteks onder "taai drome"?
7.
Die spreker beskryf haar ma as mallerig ("bossies"). Kyk na alles wat sy van haar ma sê en besluit dan of jy met die spreker saamstem of nie. Motiveer jou antwoord kortliks.
8.
Die spreker noem haar ma "bossies" en haar ma noem haar "agterstevoorkind". Wat impliseer hierdie twee woorde?

A
Hulle is heeltemal verskillend.

B
Hulle toon nie graag emosie nie.

C
Hulle leef naby aan die natuur.

D
Hulle is baie dieselfde.
9.
Gee 'n voorbeeld van
9.1
'n vergelyking
9.2
inversie
10.
Wat, dink jy, is die funksie van al die lang vokale in die gedig?




1 opmerking: