Vrydag 22 Februarie 2019

10 VRAE OOR Gebed tot die bome deur Vincent Oliphant

1.
Wie/Wat word in hierdie gedig aangespreek?
2.
"sagmoedige stil monnike" is tegelyk 'n metafoor en personifikasie. Verduidelik hierdie stelling.
3.
Met watter woord in strofe 2 skakel die woord "monnike"?
4.
"julle wat nog nooit 'n hand teen iemand gelig het nie"

4.1
Wat beteken die uitdrukking: om 'n hand teen iemand te lig?

4.2
Watter letterlike betekenis het hierdie woorde in die konteks van die gedig?
5.
Gee 'n sinoniem uit die tweede strofe vir gevoelloos/genadeloos.
6.
In reël 8 vind ons 'n voorbeeld van 'n paradoks. Verduidelik hierdie paradoks.
7.
"julle wat ten spyte van alles ..."
Waarna verwys die woord "alles" hier? Sê kortliks.
8.
Die spreker praat hier van bome wat asem vir hom gee. Waarna verwys hy? Verduidelik kortliks.
9.
In die laaste strofe vind ons 'n verwysing na Adam en Eva wat uit die tuin van Eden verdryf is. Watter wens spreek die spreker in hierdie verband uit? Sê in jou eie woorde.
10.
In reëls 9 en 17 noem die spreker bome sy "vriende". Haal enige twee paslike woorde uit die gedig aan wat eienskappe van hierdie vriende aandui.




1 opmerking:

  1. Baie dankie vir die vrae.... waar kan ek die antwoorde kry asb?

    AntwoordVee uit