Maandag 17 Desember 2018

Woordeskat: Persoonsname (22)


Kies die korrekte woord uit die woordwolk om die volgende sinne korrek te voltooi: 
Iemand wat jou in 'n restaurant bedien, is 'n _____.
Iemand wat kwaad doen, is 'n _____.
Iemand wat meestal negatief dink, is 'n _____.
Iemand wat 'n toneelstuk opvoer, is 'n _____.
Iemand wat 'n saak in die hooggeregshof verhoor, is 'n _____.
Iemand wat goedere in die straat verkoop, is 'n _____.
Iemand wat artikels of boeke skryf, is 'n _____.
Iemand wat op 'n sypaadjie loop, is 'n _____.
Iemand wat 'n winkel besit, is 'n _____.
Iemand wat 'n blommewinkel het, is 'n ____. 


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking