Dinsdag 09 Oktober 2018

10 VRAE OOR Ek het 'n huisie by die see deur HA Fagan


1.
Watter digvorm vind ons hier?
2.
Wat dink jy is die funksie van verkleiningswoorde soos "huisie", "vuurtjie" en "kersie" in die gedig?
3.
Wat is die funksie van die herhaling/repetisie in die tweede versreël?
4.
Gee 'n voorbeeld van personifikasie in die eerste strofe.
5.
Waarmee vergelyk die spreker die geluid van die wind in die eerste strofe?
6.
Hoe verskil strofes 1 en 2 ten opsigte van die plek waar dit afspeel?
7.
Watter effek het die wind op die spreker se huisie, volgens strofe 2?
8.
Wat kan die wind en die see egter nie regkry nie, volgens die laaste strofe?
9.
Hoekom nie?
10.
Watter rymvorm kry ons hoofsaaklik in die gedig? Kies jou antwoord uit die volgende:

A.
paarrym

B.
kruisrym

C.
binnerym

D.
omarmde rym



Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking