Dinsdag 09 Oktober 2018

10 VRAE OOR Die boodskapper deur Peter Snyders

1.
Watter soort gedig, dink jy, kry ons hier? Kies jou antwoord uit die volgende:

A.
'n ode

B.
'n elegie

C.
'n ballade

D.
'n liefdesgedig
2.
Verduidelik die betekenis van "speels" soos dit in die gedig voorkom.
3.
"Djy is so naby soes die helderste ster"
Hoekom is hierdie woorde eintlik ironies?
4.
Wie/Wat is Venus?
5.
Hoekom is dit spesifiek Venus wat die boodskap aan die spreker se geliefde moet oordra?
6.
Wanneer sal die spreker se geliefde blykbaar die boodskap ontvang?
7.
Hoe sal die geliefde reeds weet waaroor die briefie handel nog voordat sy dit oopgemaak het?
8.
Met watter simbool word 'n "soentjie op die omslag" aangedui?
9.
Hierdie gedig is nie in standaard-Afrikaans geskryf nie. Wat noem ons die dialek wat hier gebruik word?
10.
Gee die standaard-Afrikaans vir die volgende woorde:

10.1
soe

10.2
djy's

10.3
stiek yt




Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking