Sondag 07 Oktober 2018

10 VRAE OOR Die nuwe kind deur Pieter Strauss


1.
Verduidelik die betekenis van die eerste reël in jou eie woorde.
2.
Watter gevoel ervaar die spreker teenoor die nuwe kind, volgens die eerste strofe? Kies jou antwoord uit die volgende:

A.
bewondering

B.
haat

C.
jaloesie

D.
vriendelikheid
3.
Hoekom, dink jy, is die nuwe kind onaanvaarbaar vir die ander kinders in sy klas?
4.
Noem twee dinge wat die nuwe leerder gedurende pouses alleen doen.
5.
Hoekom dink jy doen hy dit alleen?
6.
Wat simboliseer die seun se prente van skepe moontlik in die gedig?
7.
Verduidelik kortliks die funksie van die aksentteken op die woord "óns" wat drie keer in die gedig voorkom.
8.
Die woord "pen" kom in die eerste en in die laaste strofe voor. Hoe verskil die funksie van dié woord in die twee strofes?
9.
Watter van die volgende stellings is nie waar van Hector Subukwe nie?

A.
Hy is joviaal.

B.
Hy is swart.

C.
Hy is kunstig.

D.
Hy is goed-gemanierd.
10.
Die naam Hector Sobukwe is 'n samestelling van die name van twee persone wat polities bekend is. Wie was hulle, en waarvoor het hulle bekend geword?





Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking