Maandag 08 Oktober 2018

10 VRAE OOR Die driehoekige sirkel deur Corrie Vorster: Hoofstuk 13 (2)

Dui elke keer aan of die stellings hieronder WAAR of ONWAAR is.

1.
Caro stem in om die nuwe trompoppieleidster af te rig.

2.
Mnr Buys hou daarvan om die onderwysers se probleme voor ander personeellede te bespreek.

3.
Gawie glo dat daar nie 'n volkome eerlike mens bestaan nie.

4.
Caro het na haar geboortedorp teruggekeer omdat sy wou wraak neem om mense wat haar seergemaak het.

5.
Gawie vertrou nie George se skielike terugkeer, sonder voorwaardes, na die krieketspan toe nie.

6.
Caro wil vir haar krieketspan se lede waardes en beginsels leer.

7.
George boul opsetlik sodat Nabeel, die paaltjiewagter, swak vertoon.

8.
Caro kies George se kant, al is hy 'n negatiewe invloed, omdat hulle albei wit is.

9.
Volgens Caro is almal in die krieketspan, behalwe Gawie en Nabeel, rassisties.

10.
Caro dwing die lede van die krieketspan om elk 'n etiese besluit oor hul toekoms in die span te neem.






Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking