Maandag 08 Oktober 2018

10 VRAE OOR Die driehoekige sirkel deur Corrie Vorster: Hoofstuk 14 (2)

Gebruik die woorde in die woordwolk om die volgende paragraaf korrek te voltooi. Let daarop dat jy nie al die woorde gaan gebruik nie.


Betsie is _____ dat nie een van Caro se krieketspelers gaan opdaag na haar ultimatum aan die span nie. Salome is nooit by die ander onderwysers as Steyn nie daar is nie, want volgens Betsie is hulle nie _____ genoeg nie. Caro dink met groot _____ terug aan haar skoolrevue, waar haar stem gebruik is, maar sy nie self op die _____ verskyn het nie. Alhoewel Caro se jeugjare nie gelukkig was nie, ken sy tog _____, want sy het gelukkige jare op die plot deurgebring. Salome beskuldig Caro daarvan dat sy _____ by die skool praat, wat nie toegelaat word nie. Steyn dra 'n boodskap van Ou Dok aan Caro oor dat sy vinnig moet optree, want daar word _____. Mnr. Buys wil 'n afspraak met Paul Thompson reël, want hy dink nie dis nodig dat daar 'n _____ tussen Caro en Paul moet wees nie, maar volgens Caro moet sy die probleem self oplos. Caro besef dat Lauren regtig _____ het vir gewigstoot en raai haar aan om 'n _____ doelwit te stel.



Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking