Woensdag 26 September 2018

10 VRAE OOR Pryslied van Antjie Krog (2)

1.
Oor wie is hierdie pryslied geskryf?
2.
Hoekom is hierdie gedig veral belangrik in die jaar 2018?
3.
Ons lees hy staan "kop en skouers" bo almal uit.

3.1
Wat is die letterlike betekenis van hierdie woorde?

3.2
Wat is die figuurlike betekenis hiervan?
4.
Ons lees van "houtskool en as is sy hare". Wat is die kleur van

4.1
houtskool?

4.2
as?

4.3
Hoe sal jy sy hare dus beskryf?
5.
Watter beeld/metafoor word in die laaste strofe gebruik om Mandela en die impak wat hy gehad het, te beskryf?
6.
Wat word Nelson Mandela nie in die laaste strofe genoem nie?

A.
'n heler

B.
'n politikus

C.
'n vredemaker

D.
'n legende
7.
Die "sandkliphart" is moontlik 'n verwysing na die Uniegebou in Pretoria.

7.1
Waarna verwys "sandklip" moontlik hier?

7.2
Waarna verwys "hart" moontlik?
8.
Wat van Mandela word ook vroeër met die kleur van sand vergelyk?
9.
Nelson Mandela word "die seun van Dalindyebo" en "die seun van Mandela" genoem.
Gaan vind uit na watter twee persone hier verwys word.
10.
Haal die versreël aan wat aandui dat Mandela nie veel emosie toon nie.





Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking