Woensdag 19 September 2018

10 VRAE OOR Palimpses deur Johann de Lange

1.
Watter enkele woord dui aan dat dit 'n wolklose dag is?
2.
Op watter manier is daar menslike ingryping in die natuur, volgens die eerste strofe?
3.
Watter enkele woord verwys na 'n proses van herskepping nadat daar aanvanklik vernietiging was?
4.
Wat word in die gedig

4.1
vernietig?

4.2
geskep?
5.
Watter vier werkwoorde dui die prosesse aan wat die hout by die meulens ondergaan?
6.
Verduidelik die betekenis van "vel" in die konteks van die gedig.
7.
Gee 'n voorbeeld van personifikasie uit die eerste strofe.
8.
Die gedig bestaan uit twee strofes.

8.1
Waaroor handel die eerste strofe hoofsaaklik?

8.2
Waaroor handel die tweede strofe?
9.
In watter digvorm is hierdie gedig geskryf?
10.
Watter literêre term gebruik 'n mens vir

10.1
die lengte van die eerste strofe?

10.2
die lengte van die tweede strofe?



Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking