Dinsdag 11 September 2018

10 VRAE OOR Huiskat deur Elisabeth Eybers

1.
Hierdie gedig is 14 reëls lank. Watter digvorm bestaan uit 14 reëls?
2.
Wat word in die eerste strofe met fluweel vergelyk?
3.
Hoekom, dink jy, vlek die kat haarself fluwelig oop? Verduidelik in jou eie woorde.
4.
In strofe 2 lees ons van "smal skerwe van agaat" –

4.1
Wat is die kleur van agaat?

4.2
Waarna verwys die smal skerwe van agaat hier?
5.
Wat is:

5.1
warm in die eerste strofe?

5.2
koud in die tweede strofe?
6.
Watter woord gebruik die spreker in die tweede strofe om die kat as boosaardig te beskryf?
7.
Wat is die vorm van 'n kat se gesig? Kies jou antwoord uit die volgende moontlikhede:

A.
rond

B.
vierkantig

C.
langwerpig

D.
driehoekig
8.
Wat verstaan jy onder "reggemaak" in reël 10?
9.
Watter twee teenstellende emosies word in die laaste strofe genoem?
10.
Hoekom, dink jy, is hierdie kat vyandiggesind teenoor mense?


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking