Maandag 10 September 2018

10 LANGVRAE OOR Die driehoekige sirkel deur Corrie Vorster (1)


VRAAG 1
Caro is die hoofkarakter en protagonis in die roman Die driehoekige sirkel. Salome is die antagonis by die skool. Bespreek die verhouding tussen Caro en Salomo en gee die redes wat aanleiding gegee het tot Salome se antagonistiese houding teenoor Caro. Vertel ook hoe die verhouding tussen hulle in 'n mate herstel word en watter besluit bygedra het tot die beëindiging van hierdie kwelling in Caro se lewe. Jou opstel moet uit 300 tot 350 woorde bestaan.       

VRAAG 2
Caro is die hoofkarakter en protagonis in die roman Die driehoekige sirkel. Sy bied aan om die Graad 11-krieketspan af te rig. George, die antagonis in die krieketspan, versuur Caro se lewe en sy optrede vernietig byna die krieketspan. Bespreek in 'n opstel van 300 tot 350 woorde hoe George bygedra het tot die spanning in die verhaal en hoe hy uiteindelik lid van die krieketspan geword het.

VRAAG 3
"I took the road less travelled by ...
And that has made all the difference!"

Bespreek in 'n opstel van 300 tot 350 woorde die pad wat Caro gekies het, hoe dit bygedra het tot haar karakterontwikkeling en watter verskil dit uiteindelik gemaak het.

VRAAG 4
Caro moet dikwels die woorde: "Jy is ongelooflik!" aanhoor. Hierdie woorde het egter nie elke keer dieselfde betekenis nie. Bespreek hierdie stelling aan die hand van toepaslike voorbeelde in 'n opstel van 300 tot 350 woorde .

VRAAG 5
Caro kom terug na haar tuisdorp om wraak te neem. Dink jy haar motivering en wraakplanne is geregverdig? Verduidelik ook die afloop van haar planne. Jou opstel moet uit 300 tot 350 woorde bestaan.

VRAAG 6
Bespreek in 'n opstel van 300 tot 350 woorde hoe Caro dit reggekry het om haar diverse krieketspan tot 'n volwaardige krieketspan te ontwikkel.

VRAAG 7
Caro se lewe as skoolmeisie uit Blikkiesdorp is vol pyn, vernederings en kwessies. Vertel in 'n opstel van 300 tot 350 woorde deur watter probleme Caro moes worstel wat uiteindelik aanleiding tot haar wraakplan gegee het. Bespreek ook hoe sy afsluiting gevind het nadat haar wraakplanne nie uitgewerk het soos sy dit beplan het nie.

VRAAG 8
Bespreek in 'n opstel van 300 tot 350 woorde watter rol die volgende persone gespeel het in Caro se pad na vergifnis: Ou Dok, Steyn, Betsie, Lauren en die skoolhoof.

VRAAG 9
Caro moet verskeie etiese besluite neem in verband met die openlike en sluimerende rassisme in die krieketspan. Bespreek hierdie stelling in 'n opstel van 300 tot 350 woorde.

VRAAG 10
Deesdae word Afrikaanse boeke dikwels verfilm. Bespreek in 'n opstel van 300 tot 350 woorde of jy dink Die driehoekige sirkel sal suksesvol verfilm kan word. Gee redes om jou siening te motiveer.



Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking