Donderdag 06 September 2018

10 VRAE OOR Die driehoekige sirkel deur Corrie Vorster: Hoofstuk 10 (1)

1.
Haal die sin op die eerste bladsy van hierdie hoofstuk aan wat Caro se aanvanklike idee van haar wraakplan uiteensit.
2.
Wat antwoord Caro as Steve vra waar sy vandaan kom?
3.
Steve beskou Caro se versoek dat hy die borg vir haar krieketspan moet word as _____.
4.
Op watter voorwaarde stem Steve in om Caro se krieketspan te borg?
5.
As Caro terug is by die skool na haar besoek aan Steve, ervaar sy intense emosies. Haal twee afsonderlike woorde uit die teks aan wat sê hoe sy voel.
6.
Hoe voel Caro teenoor George as sy sien dat hy vinnig om die pawiljoen verdwyn terwyl sy die krieketspannetjie afrig?
7.
Hoekom reageer Caro so heftig as Salome voorstel dat sy Lauren, wat so "dik soos 'n ..." is, as trompoppie in die groep opneem?
8.
Verduidelik die verskil tussen Salome se opmerking dat Caro ongelooflik is en Betsie se opmerking dat Caro ongelooflik is.
9.
Caro weet dat Salome se optrede oor meer as net die verkryging van die borgskap gaan. Waarom, dink sy, tree Salome so op?
10.
Verduidelik hoe jy Steyn se opmerking teenoor Caro verstaan dat sy skouers breed is.



Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking