Donderdag 06 September 2018

10 VRAE OOR Die driehoekige sirkel deur Corrie Vorster: Hoofstuk 9 (1)

1.
Hoekom kan Caro nie sommer 'n nuwe snelbouler vir die krieketspan oplei nie?
2.
Caro besluit om tog vir _____ te nader as borg vir die krieketspan.
3.
"Jy is nie 'n skaduwee van jou foto ..."

3.1
Wie is hier aan die woord?

3.2
Hoekom "raas" hierdie persoon met Caro?

3.3
Watter afleiding kan jy maak uit hierdie opmerking?
4.
Wat laat Dirk skaterlag?
5.
Caro wil weet hoe Salome by die skool beland het. Watter antwoord Betsie haar?
6.
Wat besef Caro as sy daardie aand gaan slaap?
7.
Caro weet dat die waarheid oor haar gaan uitkom.

7.1
Hoekom wil sy hê dit moet "hoe gouer, hoe beter" gebeur?

7.2
Hoekom wil Caro die waarheid self aan Steyn vertel?
8.
Hoekom voel Caro dat Steyn se harde woorde teenoor Salome in die personeelkamer geregverdig is?
9.
Watter twee probleme ten opsigte van hulle krieketspan identifiseer Gawie?
10.
Hoekom dink Steyn dat George se weglating uit die span vir hom 'n yslike straf is?



Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking