Maandag 10 September 2018

10 VRAE OOR Die driehoekige sirkel deur Corrie Vorster: Hoofstuk 13 (1)

1.
Caro voel moeg en lusteloos as sy die oggend draf. Bespreek die redes hoekom sy so voel.
2.
Wie kom tot Caro se redding as Salome haar weer voor die hele personeel probeer uitdaag en verneder?
3.
Interpreteer Gawie se optrede en houding as hy die vraag oor die leuen in die klaskamer stel.
4.
Om watter redes het Caro die mini-krieketwedstryd gereël?
5.
Nadat die mini-krieketwedstryd 'n mislukking was, wil die seuns nie met Caro praat as sy hulle daaroor uitvra nie. Hoe "dwing" sy hulle om met haar te begin praat?
6.
Watter bewyse gee Nabeel en Kulani vir George se opsetlike negatiewe gedrag tydens die wedstryd?
7.
Wat besluit Nabeel en Kulani om na die wedstryd te doen?
8.
Caro tree baie beslis op as sy die rassisme in die span aanspreek. Watter argumente opper sy as met die seuns praat?
9.
Watter besluit moet die seuns gaan neem oor hul toekoms in die krieketspan?
10.
Caro draf na die konfrontasie met die seuns om die baan, maar sy raak nie kalmer nie. Hoekom bly die siek gevoel in haar?


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking