Maandag 10 September 2018

10 VRAE OOR Die driehoekige sirkel deur Corrie Vorster: Hoofstuk 14 (1)

1.
Dit voel vir Caro of haar lewe een groot _____ is.

A.
vreugde

B.
geveg

C.
probleem

D.
leuen
2.
Hoekom het Betsie so min simpatie met die feit dat Salome so onpopulêr by die personeel is?
3.
Hoe is daar teen Caro gediskrimineer tydens die opvoering van die revue toe sy destyds nog op skool was?
4.
Gee een woord uit die teks wat bewys dat Caro nie net negatiewe emosies as skoolkind ervaar het nie, maar ook positiewe herinneringe het.
5.
Watter twee "oortredings" begaan Caro, volgens Salome?
6.
"Hy sê jy moet vinnig optree want daar word gesnuffel." (bl. 183)

6.1
Wie dra hierdie boodskap aan Caro oor?

6.2
Wie stuur die boodskap?

6.3
Wie snuffel, dink Caro?
7.
Caro wil nie hê dat die skoolhoof inmeng in haar probleme met die krieketspan nie. Sy vra dat hy vir haar tot die naweek kans gee. Om watter rede vra sy nie optrede nie?
8.
Na die negatiwiteit en probleme met die krieketspan, ervaar Caro tog geluk as sy vir Lauren dophou. Op watter manier werp Lauren se afrigting vrugte af?
9.
Wie hou vir Caro en Lauren van die pawiljoen af dop?
10.
Haal die laaste reël van The road not taken aan.


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking