Maandag 10 September 2018

10 VRAE OOR Die driehoekige sirkel deur Corrie Vorster: Hoofstuk 12 (1)

1.
Caro en Steyn gaan eet in die eetsaal. Salome is haar ou onaangename self. Steyn vererg hom vir haar optrede en noem haar 'n _____. (Haal twee woorde uit die teks aan.)
2.
Tydens die wedstryd teen Hoërskool Louis Trichardt kla Nabeel dat sy aandag verdeel word: Hy kan nie terselfdertyd kaptein en paaltjiewagter wees nie. Hoe los Caro hierdie probleem op?
3.
Alhoewel Caro se span die wedstryd verloor, verander hulle neerslagtigheid in 'n vrolike stemming. Verskaf die rede(s), volgens jou mening, wat hierdie ommeswaai veroorsaak.
4.
Watter onverwagte nuus deel Salome aan Caro mee? Verduidelik in jou eie woorde hoekom dit Caro ontstel.
5.
George kom Maandag na Caro se klaskamer toe.

5.1
Wat kom George daar doen?

5.2
Caro vertrou nie regtig George se besluit nie. Wat sê sy reguit vir hom as hy sy besluit aan haar oordra?
6.
Verduidelik volledig waarom Steve vir Caro wil sien.
7.
Hoe is daar destyds van Caro en haar kind ontslae geraak?
8.
Met watter dreigement kom Steve vorendag as Caro blindelings deur toe stap?
9.
Hoekom, dink jy, is Kulani nors as hy besef dat George terug is in die krieketspan?
10.
Ons lees dat daar 'n rooi gloed oor George se gesig stoot. Wat veroorsaak dat hy hom so vererg?


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking