Maandag 10 September 2018

10 VRAE OOR Die driehoekige sirkel deur Corrie Vorster: Hoofstuk 16 (1)


1.
In hierdie laaste hoofstuk van die roman kry die leser 'n volledige blik op wat verkeerd geloop het in Caro se verlede en die redes waarom sy besluit het om wraak te neem.
Maak 'n kollys van elke vernedering/kwessie wat sy moes verduur het op skool, soos sy dit aan Steyn vertel.
2.
Hoekom, dink jy, aanvaar Steyn so geredelik alles wat Caro vir hom vertel asof dit hom glad nie pla nie?
3.
Watter nuwe probleme het bygekom toe Caro by haar ou skool kom skoolhou het?
4.
Ons lees: Caro word "verfris en vol lewenslus wakker."
Haal die woorde uit Hoofstuk 13 aan wat die teenoorgestelde van Caro se drawwery vroegoggend vertel.
5.
Noem die twee redes waarom Steve by die krieketwedstryd teen Merensky opdaag.
6.
"Dan gebeur wat sy nie in haar wildste drome gedink het sal gebeur nie." (bladsy 209)
Verduidelik volledig.
7.
Caro kom teen 'n geweldige probleem met haar krieketspan te staan. Wat is haar oplossing vir hierdie probleem wat 'n hele ommeswaai in die span en die spel teweegbring?
8.
Watter woorde van George dui op sy ommekeer? Haal die sin uit die teks aan.
9.
Wie wen die wedstryd?
10.
Hoe reageer Paul uiteindelik as die krieketwedstryd verby is?



Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking