Maandag 10 September 2018

10 VRAE OOR Die driehoekige sirkel deur Corrie Vorster: Hoofstuk 15 (1)


1.
Caro lees 'n nota en kort daarna 'n velletjie papier.

1.1
Van wie kom die nota af?

1.2
Hoe kom die nota in Caro se besit?

1.3
Wat is die boodskap in die nota?

1.4
Waar haal sy die velletjie papier uit?

1.5
Wat staan op die velletjie papier?

1.6
Wie het die boodskap vir Caro geskryf?
2.
Caro besef dat sy by vergifnis moet begin. Watter twee mense moet sy vergewe?
3.
Om watter rede laat Steve vir Caro na hom toe kom?
4.
Watter dreigement uiter Steve as Caro nie aan sy eise wil (kan) voldoen nie?
5.
Hoekom kan Caro nie aan Steve se eis voldoen nie?
6.
Caro erken teenoor Steve dat sy oor hóm teruggekom het. Om watter twee redes het sy teruggekom om haar plan uit te voer?
7.
Watter welkome verrassing kry Caro as sy na die krieketveld toe stap?
8.
Caro se afrigting van die kriekertspan is positief. Watter hartseer gebeurtenis tref haar direk nadat sy van die seuns afskeid geneem het?
9.
Caro kry nog 'n nota – dié keer onder haar deur ingestoot. Van wie af is hierdie nota?
10.
Hoe word Caro se probleem met Salome opgelos?




Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking