Woensdag 26 September 2018

10 VRAE OOR Die driehoekige sirkel deur Corrie Vorster: Hoofstuk 6 (2)

Gebruik die woorde in die woordwolk om die volgende paragraaf korrek te voltooi.


Vir Caro was die naweek op die plaas 'n wonderlike _____ tussen die hede en die verlede. Caro is baie seergemaak as Salome Caro se naweekplanne as _____ bestempel. Die rede vir Caro se terugkoms was om _____ te soek en nie om _____ betrokke te raak by ander mense nie. Caro was destyds _____ gelukkig, maar slegs vir 'n dag voor die verwerping en spottery begin het. Caro dink dat sy toenemend 'n _____ word omdat sy nie kans sien vir Salome se venyn nie. Volgens George is _____ vandag nog steeds die oorsaak van alle probleme. George is oortuig daarvan dat Kulani, Nabeel en Wilson in die krieketspan is as gevolg van die _____. Caro is jammer om George uit die krieketspan te laat, want hy is 'n gebore _____ en nou sal sy iemand moet kry om in sy plek te speel. Lauren is 'n laatlam en word met _____ bederf omdat sy in die koshuis moet bly.





Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking