Woensdag 26 September 2018

10 VRAE OOR Die driehoekige sirkel deur Corrie Vorster: Hoofstuk 4 (2)

Kies elke keer die korrekte opsie by elke vraag hieronder.


1.
Salome se oë word bestempel as "twee yspoele". (bl. 43) Dit beteken

A.
Salome is oë is blou

B.
Salome se oë is koud en hard

C.
Salome se oë is mooi

D.
Salome se oë is blind
2.
Watter probleem ervaar Salome met haar trompoppiespan?

A.
Die spanlede is rassisties

B.
Die hoofleidster is siek

C.
Die spanlede kan nie almal hul spandrag bekostig nie

D.
Die hoofleidster weier om haar hare vas te bind
3.
Volgens Betsie is

A.
Salome kwaad vir Caro omdat sy inmengerig is

B.
Salome kwaad vir almal op die dorp behalwe Steve en Marcia

C.
Salome jaloers op Caro omdat Steve aandag aan haar gee

D.
Salome kinderagtig en venynig
4.
Salome vra vir Caro om verskoning oor haar gedrag, _____

A.
want sy is regtig spyt oor wat sy gedoen het.

B.
want sy wil graag Caro se vriendin wees.

C.
en sy bedoel dit opreg.

D.
maar beskuldig Caro tog daarvan dat Caro haar onnodig kritiseer.
5.
Die skool se eerste krieketwedstryd is teen

A.
Blikkiesdorp Hoërskool

B.
Louis Trichardt Hoërskool

C.
Merensky Hoërskool

D.
Polokwane Hoërskool
6.
Tydens die krieketspan se oefening steek _____ kop uit.

A.
spangees

B.
afknouery

C.
jaloesie

D.
rassisme
7.
Caro dink sy is 'n lafaard en 'n _____ as sy Salome se uitnodiging om te gaan fliek van die hand wys.

A.
skurk

B.
leuenaar

C.
boelie

D.
gevoellose mens
8.
Steyn sê vir Caro sy ma sal hom _____ as hy sonder haar op die plaas aankom.

A.
gerusstel

B.
klap

C.
vermoor

D.
uitskel
9.
Caro neem, op Steyn se aandrang, haar _____ saam plaas toe.

A.
tas

B.
klere

C.
vuurwapen

D.
mondfluitjie
10.
Steyn se ma se naam:

A.
tant Sarie

B.
Moedertjie

C.
tant Molly

D.
Ou Dok



Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking