Woensdag 26 September 2018

10 VRAE OOR Die driehoekige sirkel deur Corrie Vorster: Hoofstuk 3 (2)

Gebruik die woordwolk om die volgende paragraaf oor Hoofstuk 3 te voltooi.


Steyn vat vir Salome aan die ontbyttafel vas as sy Caro se vermoë om krieket af te rig bevraagteken. Steyn noem haar opmerkings ongevraag en _____. Caro ry deur die dorp en sien 'n nuwe gebou wat White- en Steenkampvervoer huisves. Sy wonder of hulle plaasprodukte na die mark of _____ van die Tshikondeni-myn vervoer. Caro ry na _____ toe waar sy as kind gebly het. Sy onthou hoe haar ma haar vermaan het om nooit haar _____ te verloor nie, al is hulle lewensomstandighede nie van die beste nie. Caro leer Lauren om eerder 'n _____ uit te voer as sy gewigstoot oefen. Lauren is ongelukkig in haarself omdat sy haar voortdurend met ___ vergelyk. Caro raai haar aan om net haarself te wees. Caro sê vir Lauren: "Jy kan uiterlik beeldskoon wees, maar 'n minder mooi persoonlikheid hê." (bl. 36) Caro het vroeër gesien dat _____ 'n besondere skoonheid en 'n beeldskone gesig het. Volgens Salome is sy baie _____ en slegs Steve en Marcia se vriendskap maak dinge vir haar draagliker. Caro twyfel algaande meer oor haar terugkoms om wraak te neem en wonder of dit nie net _____ gaan bring nie. Wanneer Caro na haar ouers se foto's kyk, sien sy hoe ernstig haar pa lyk; daarenteen lyk haar haar ma gelukkig. Caro wonder of haar ma nooit _____ geraak het nie.


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking