Donderdag 23 Augustus 2018

10 VRAE OOR Vir Sara Baartman deur Diana Ferrus


1.
Ons lees: "Ek is hier om jou huis toe te neem". Waar is "huis toe"?
2.
Waar was Sara Baartman voordat sy huis toe gebring is?
3.
"Ek het jou bed berei teen die voet van die berg"

3.1
Van watter "bed" praat die spreker?

3.2
Vind uit waar die bed teen die voet van die berg presies is.
4.
Wat beteken dit as die proteas "pronk"?
5.
Van watter rivier lees ons in die laaste reël van strofe 1?
6.
Watter woorde sê dat die spreker bereid is om Sara met geweld weg te neem en terug te bring?
7.
Op watter manier is Sara se liggaam stukkie vir stukkie versnipper?
8.
Hoekom, dink jy, het die "rassistiese monster"

8.1
Sara se siel met dié van die duiwel vergelyk?

8.2
sy eie siel met dié van God vergelyk?
9.
"want ek het vir jou vrede gebring"
Op watter manier bring die spreker vrede vir Sara Baartman?
10.
Sara Baartman is aan die wêreld voorgehou as 'n menslike frats. Hoekom, dink jy, praat die spreker dan van haar "ewige skoonheid" in die gedig?



[Bron: https://www.pinterest.ca/pin/458593174537030640/]

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking