Vrydag 24 Augustus 2018

10 VRAE OOR My siel, Pa deur Marie van Rensburg


1.
Wie is gewoonlik die Dux-leerling van 'n skool?
2.
Verduidelik kortliks die beeld van die galgtou in die seun se situasie.
3.
Watter deel van die menslike liggaam word deur die woord "Achilleshiel" aangedui?
4.
Waar op die rostrum wil die pa skynbaar hê moet sy seun altyd staan?
5.
Waarvoor, dink jy, probeer die pa in hierdie gedig vergoed/kompenseer? Sê kortliks.
6.
Watter 2 opeenvolgende woorde wat in elke strofe voorkom, sê dat die seun baie min van sy pa vra?
7.
Hoekom dink jy, noem die seun homself 'n "turksvy-kind"?
8.
Met watter woord in die eerste strofe hou "donker kleed" in die laaste strofe verband?
9.
Verduidelik kortliks die verskil tussen 'n proto en 'n foto en sê ook wie elk van hierdie begrippe verteenwoordig.
10.
Watter enkele woord in die gedig verwys na die seun se totale menswees?




Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking