Saterdag 25 Augustus 2018

10 VRAE OOR e-sonnet deur Susan Smith



1.
Die spreker is skynbaar 'n baie geordende persoon. Watter hulpmiddels het sy vroeër gebruik om haar lewe te orden?
2.
Die spreker verwys na haar posbus.

2.1
Wat sou die posbus vroeër gewees het?

2.2
Na watter posbus dink jy verwys die spreker egter hier?
3.
Waarna verwys "gedot en gekom" in hierdie gedig?
4.
Watter enkele woord in die gedig beteken stadigaan?
5.
Wat vind stadigaan plaas, volgens die spreker?
6.
Die  spreker praat van "elke klik en dubbelklik". Wat gebruik 'n mens om hierdie funksie uit te voer?
7.
Watter woord verwys na 'n onderdrukkende alleenheerser?
8.
Hoe voel die spreker blykbaar oor moderne tegnologie? Kies jou antwoord uit die volgende moontlikhede:

A
Sy vrees dit.

B
Sy verafsku dit.

C
Sy hou daarvan.

D
Sy gebruik dit nie.
9.
Die gedig se titel is e-sonnet.

9.1
Waarvoor staan die 'e' in die titel?

9.2
Verduidelik kortliks hoekom die spreker die gedig e-sonnet noem.
10.
Verduidelik kortliks die strofeverdeling in die gedig.



Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking