Dinsdag 28 Augustus 2018

10 VRAE OOR Die driehoekige sirkel deur Corrie Vorster: Hoofstuk 1 (1)


1.
Caro Eksteen is 'n nuwe onderwyseres by die hoërskool. Haal die sin op die eerste bladsy aan wat die leser inlig dat dit nie die eerste keer is dat sy haar by hierdie skool bevind nie.
2.
"…. Wat het my besiel om terug te kom? Iemand moet tog betaal vir my seer; sal dit 'n afsluiting wees? Sal ek vry wees? ….."

2.1
Watter vertellersperspektief word in die bogenoemde aanhaling gebruik?

2.2
Motiveer jou antwoord in Vraag 2.1.

2.3
Gee 'n enkele woord wat volgens jou die frase "moet tog betaal vir my seer" die beste omskryf.
3.
Watter stylfiguur word in die volgende frase gebruik?
"Die glasruite blink, uitdrukkinglose oë wat haar swyend volg." (bl.1)
4.
Op watter manier word Caro Eksteen reeds uiterlik in Hoofstuk 1 geteken?
5.
Die leser word vroeg reeds ingelig van die ruimte waarin hierdie roman gaan afspeel. Watter ruimte is dit?
6.
Watter karakters, behalwe Caro, ontmoet ons ook in die eerste hoofstuk van die roman?
7.
Watter emosie ervaar Caro volgens jou as sy die naam Marcia hoor?
8
Waarom luister Caro so graag na musiek?
9.
"en die gal kom lê in haar mond" (bl. 3)

9.1
Watter soort emosie word by Caro opgewek, volgens die aanhaling hierbo?

9.2
Wat wek hierdie emosie by Caro op?
10.
Caro het 'n definitiewe siening oor hoe sy as onderwyseres moet optree. Gee die woorde uit die verhaal wat haar filosofie weergee.



Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking