Vrydag 20 Julie 2018

'N PA VIR SATERDAG deur Christo Davids (Karakters 4)


Coach 
                  
Die afrigter van die rugbyspan speel nie ‘n prominente rol in die verhaal nie. Aan die begin roep hy die span na die wedstryd byeen om hulle te herinner aan die belangrike pa-en-seun-wedstryd wat die volgende Saterdag plaasvind. Hy maak ‘n sarkastiese aanmerking wanneer Tino laat opdaag en Tino is onmiddellik gereed om ‘n leuen te vertel oor hoekom hy laat is; hy kan egter nie vinnig genoeg ‘n verskoning uitdink nie.

Wanneer die ander spelers weg is, moedig Coach Tino aan om daardie week hard te oefen en hy belowe om Tino die hele tweede helfte van die wedstryd te laat speel as hy hom by die oefeninge kan bewys. Coach is ‘n man van sy woord en Tino word die volgende week gekies om in die wedstryd te speel.

Wanneer Martin die Woensdag voor die wedstryd die ‘belangrike aankondiging’ doen dat Tino se pa ‘n provinsiale rugbyspeler was en Saterdag daar sal wees, het Coach bedenkinge oor die waarheid daarvan. Tino kan voel hoe Coach se oë op hom brand en hy besef dat Coach skepties hieroor is, alhoewel hy diskreet genoeg is om niks te sê wat Tino in die verleentheid sal stel nie.

 

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking