Vrydag 20 Julie 2018

'N PA VIR SATERDAG deur Christo Davids (Karakters 5)


Jerome
        
Jerome speel ‘n baie ondersteunende rol in hierdie verhaal. Hy is vir Tino soos ‘n ouer broer en hy moedig Tino aan om ‘n sukses van sy skoolloopbaan te maak en nie dieselfde foute as hý te begaan nie. “Sorg jy net dat jy skool klaarmaak sodat jou werk nie eendag ‘n geheim hoef te wees nie.” Hy wil hê dat Timo uit sý (Jerome se) foute en keuses moet leer om eendag ‘n beter persoon te wees as wat hý is.

Dit is nie in die verhaal duidelik hoe Jerome ‘n bestaan maak nie en daar word gesuggereer dat dit op ‘n onwettige wyse is. Dis duidelik dat hy goed vir homself doen met sy onwettige aktiwiteite, want hy huiwer nie om vir Tino geldelik te vergoed as hy hoor hoe goed Tino rugby gespeel het nie. Hy is baie trots op Tino se prestasie en is nie daarvan bewus dat Tino ‘n leuen vertel nie; hy vertrou Tino dus onvoorwaardelik.

 

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking