Saterdag 21 Julie 2018

'N PA VIR SATERDAG deur Christo Davids (Kortvrae 2)


11.
“Ons het gewen en ek het drie keer agter die doellyn antwoord gegee.” Dis nie waar nie. “Ek is speler van die wedstryd.” Nog ‘n lieg.

Tino het nie eens daardie middag in die wedstryd gespeel nie –

11.1
Waar was Tino terwyl die wedstryd gespeel is?

11.2
Wanneer het ons ook gelees dat hy drie keer agter die doellyn punte aangeteken het?

11.3
Tino was nie die speler van die wedstryd nie. Wie is vroeër as Speler van die Jaar aangewys?

11.4
Jerome glo Tino se liegstorie en beloon hom vir sy goeie spel. Hoe beloon hy vir Tino?

11.5
Tino sê vir Jerome en sy vriende dat hy twintig rand wil hê as hy vir die eerste span in ‘n wedstryd speel. Hoe weet ons dat dít nie sommer sal gebeur nie?
12.
12.1
Tino arriveer by die huis. Watter leuen vertel hy ook vir sy ma?

12.2
Hy probeer om sy ma van die pa-en-seun-wedstryd te vertel. Waarom luister sy nie na hom nie?
13.
Tino is die Maandag bekommerd oor hoe hy ‘n pa vir Saterdag gaan kry.

13.1
Wat vertel Martin wat Tino waarskynlik nog slegter en meer bekommerd laat voel?

13.2
Watter leuens vertel Tino vir Martin?

13.3
Martin noem vir Tino sy ‘tjom’. Hoe kan ‘n mens egter sien dat Martin nie ‘n op-regte vriend is nie?
14.
Wat is Tino se ma se reaksie as hy haar die Dinsdagoggend weer oor sy pa konfronteer?
15.
Watter verdere leuen vertel hy vir Martin by die skool?
16.
16.1
Tino beraam ‘n plan wanneer hy die Woensdag rugby-oefening toe stap. Wat is sy plan?

16.2
Waarom sal dié plan egter nie kan werk nie?

16.3
Tino vertel nog ‘n leuen vir Martin wanneer Martin hom by die oefening oor sy pa konfronteer. Wat is dit?
17.
Hoe plaas Martin verdere druk op Tino met die aankondiging wat hy maak?
18.
Vertel kortliks wat Tino die Donderdagoggend droom net voordat hy wakker word.
19.
19.1
Die Vrydagaand dink Tino aan die leuens wat hy vir almal vertel het. Waarom kon hy nie die waarheid vir hulle vertel het nie?

19.2
Tino doen dan iets vreemds. Wat doen hy?

19.3
‘Hier van bo af sal ‘n mens iemand al van ver af kan sien aankom.’ Wat, dink jy, beplan Tino om te doen?

19.4
Waarom werk hierdie plan van hom nie uit nie?
20.
Tino ontdek sy ouers se troufoto. Wat doen hy daarmee?





Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking