Dinsdag 31 Julie 2018

DIE BROODWINNER deur PJ Haasbroek (Kortvrae 2)


KORTVRAE

11.
Nadat Jakoet die fiets veilig vasgesluit het, klouter hy baie versigtig teen die krans af. Hoekom moet hy so versigtig wees?
12.
Wat doen Jakoet om die rubberbaadjie makliker aan te kry?
13.
Jakoet sien 'n groot kreef en beplan eers hoe hy hom gaan beetkry. Waarom is hy altyd   bang voordat hy sy hand by 'n klipspleet insteek?
14.
Waar vind Jakoet die tweede kreef om in die sak te sit?
15.
Jakoet kry nie koud onder die water nie. Hoekom nie?
16.
'Dis sowaar sy gelukkige dag.’

16.1
Hoekom dink Jakoet só?

16.2
Waarom hoop hy om nog vyf sulke mooi grotes te vind?
17.

'Mens moet nou alte hard in die koue water werk om 'n paar grotes te kry.’

17.1
Hoe weet Jakoet dat daar jare gelede baie krewe aan die Weskus was?

17.2
Waarom is die krewe nie meer so volop aan die Weskus nie?
18.
Hoekom mik Jakoet uiteindelik vir die splete aan die seekant van Robklip?
19.
Nadat die water Jakoet oor Robklip gespoel het, voel dit vir hom asof iets hom dophou.

19.1
Waarom ruk hy skielik geskok tot stilstand?

19.2
Wat laat Jakoet besef dat dit 'n haai is?


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking