Dinsdag 31 Julie 2018

DIE BROODWINNER deur PJ Haasbroek (Kortvrae 3)


KORTVRAE

20.
Jakoet dink dis 'n wyfiehaai, want dis hulle wat so ontsaglik groot word.

20.1
Watter twee beskrywings laat die leser besef hoe groot die haai is?

20.2
Hoe weet Jakoet dat die haai hom dophou?

20.3
Waarom moet hy homself egter aan die haai blootstel?
21.
Hoekom swem die haai in 'n spiraal om Jakoet?
22.
Watter afgryslike gedagtes gaan deur Jakoet se kop?
23.
Jakoet se angswekkende ervaring is uiteindelik verby. Wat is die uiteinde van die gebeure?
24.
Wat is Jakoet se onmiddellike reaksie, en waarom doen hy dit?
25.
Jakoet voel asof die haai die indrukwekkendste, mooiste lewende ding is wat hy nog ooit gesien het.

25.1
Baie vrae maal deur sy kop. Hoe, besluit hy, sal hy die haai aan sy vriende beskryf?

25.2
Wat wonder hy egter?

25.3
Wat bly vir Jakoet die grootste raaisel?
26.
Wat doen Jakoet op pad huis toe met die krewe wat hy gevang het?
27.
Jakoet kom op sy pad huis toe drie 'skollies’ teë.

27.1
Wat verstaan jy onder die term 'skollies’?

27.2
Een van die skollies se naam is Mickey Plaatjies. Jakoet sê hy’s 'n 'tikkop’. Verduidelik wat jy onder hierdie woord verstaan.

27.3
Een van Mickey se vriende noem Jakoet 'n 'empty papsak’. Wat beteken hierdie uitdrukking?

27.4
Jakoet noem hulle 'windsakke’. Wat, dink jy, impliseer hy met hierdie beskrywing?
28.
Waarmee dreig Mickey vir Jakoet?
29.
Waarom, dink jy, is daar geen vrees in Jakoet wanneer hy die skollies met bottels bestook nie?


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking