Dinsdag 31 Julie 2018

DIE BROODWINNER deur PJ Haasbroek (Kortvrae 1)


KORTVRAE

1.
Sê kortliks wat jy onder die term 'broodwinner’ verstaan.
2.
Jakoet is op pad om te gaan kreef uithaal.

2.1
Wat gaan hy waarskynlik met die geld doen wat hy vir die kreef gaan kry?

2.2
Waarom is daar nie veel mense in Tarentaalplaas se strate nie?
3.
Hoekom het Tarentaalplaas 'n baie paslike naam, volgens oompie Kassiem? Sê kortliks.
4.
Jakoet se ma het op die oomblik drie dae van die week nie werk nie. Watter implikasie het dit vir die gesin?
5.
Die fiets wat oompie Kassiem vir Jakoet leen, is nie 'n wonderlike fiets nie.

5.1
Wat is daar darem aan die fiets om voor dankbaar te wees?

5.2
Waarom, dink jy, steek Jakoet sy duikgoed weg as hy met die fiets ry?

5.3
Watter twee dinge van Jakoet se duiktoerusting is 'n bewys van hulle armoede?

5.4
Jakoet het self die loodgewigte gegiet. Wat is die doel van hierdie 'loodgewigte’?
6.
Jakoet is seker dat hy vandag 'n sak vol kreef sal uithaal. Wat laat hom só dink?
7.
Watter verskoning het Jakoet reeds uitgedink indien iemand hom  sou stop en vra waarheen hy op pad is?
8.
Daar is baie streng reëls oor die uithaal van kreef.

8.1
Verduidelik dié streng reëls kortliks.
9.
9.1
Uit Jakoet se beskrywing van sy ma se optrede wanneer hy die dag geen geld huis toe bring nie, lyk dit asof sy soms onregverdig kan wees. Bespreek hierdie stelling.

9.2
Hoe reageer sy egter op die dae wanneer hy baie geld in haar hand druk?

9.3
Waarom kan ons sê dat Jakoet 'n onselfsugtige en goeie seun is?
10.
10.1
Waarom besluit Jakoet om vanoggend by Robklip krewe uit te haal?

10.2
Hoekom word dié rots 'Robklip’ genoem?



Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking