Vrydag 08 Junie 2018

Taalvaardigheid: Vraende voornaamwoorde en betreklike voornaamwoorde (3)


Dieselfde woorde kan as vraende voornaamwoorde en as betreklike voornaamwoorde gebruik word.

Vraende voornaamwoord word gebruik vir vrae wat 'n spesifieke antwoord vereis en nie net 'n "ja" of 'n "nee"-antwoord nie.

Wie kan net as 'n betreklike voornaamwoord gebruik word wanneer daar 'n voorsetsel voor wie staan, bv. met wie, van wie, vir wie, ensovoorts.

Betreklike voornaamwoorde word gebruik om twee sinne aanmekaar te skakel wat betrekking op mekaar het.

Dít wat dieselfde is in die twee sinne, word nie herhaal wanneer die twee sinne verbind word nie.

Wanneer twee sinne met 'n betreklike voornaamwoord verbind word, begin 'n mens altyd met die eerste sin (nie soos by voegwoorde waar 'n mens soms met die tweede sin moet begin nie).

Alle betreklike voornaamwoorde werk op dieselfde manier as Groep 3-voegwoorde wanneer dit twee sinne verbind.

Betreklike voornaamwoorde staan nie altyd tussen twee sinne of aan die begin van 'n sin nie.  Dit volg direk op dié komponent wat dieselfde in albei sinne is.


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking