Vrydag 08 Junie 2018

Taalvaardigheid: Betreklike voornaamwoorde (4)

Hier volg 'n paar stappe om te gebruik wanneer jy sinne met betreklike voornaamwoorde verbind:

  • Onderstreep dít wat dieselfde in die twee sinne is (gewoonlik die onderwerp of voorwerp).
  • Kyk in die eerste sin of daar 'n voorsetsel direk voor die onderstreepte deel staan.
  • As daar nie 'n voorsetsel staan nie, gebruik jy altydwat’ as jou verbindingswoord.
  • As daar wel 'n voorsetsel staan, het jy een van twee opsies:


  1. As die voorsetsel na 'n persoon verwys, gebruik jy die voorsetsel + wie as jou verbindingswoord. Dit sal as twee woorde geskryf word.  Bv. van wie
  2. As die voorsetsel na enigiets anders verwys, gebruik jy waar + voorsetsel as verbindingswoord. Dit sal altyd as een woord geskryf word.  Bv. waarvan


  • Plaas nou jou verbindingswoord direk na die onderstreepte deel in die eerste sin.
  • Verwyder die voorsetsel in die tweede sin, want dit is nou deel van jou voegwoord; verwyder ook die onderstreepte deel in die tweede sin – jy gaan dit nie herhaal nie.
  • Plaas nou jou tweede sin direk na die verbindingswoord, maar beweeg die werkwoord na die einde van die bysin soos by alle groep 3-voegwoorde.
  • As jy die tweede sin binne-in die eerste sin geplaas het, voltooi jy nou die tweede sin sonder om die woordorde te verander.Wanneer jy sinne op hierdie manier verbind, moet jy altyd 'n komma tussen die twee werkwoorde plaas.


As jy hierdie stappe slaafs volg, sal jou antwoord altyd korrek wees. Daar is geen uitsonderings nie!

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking