Vrydag 08 Junie 2018

Taalvaardigheid: Teenwoordige tyd (5)



Het jy geweet …

Die teenwoordige tyd is die taalvorm waar dinge in die hede gebeur.

Daar is slegs een hoofwerkwoord in 'n enkelvoudige sin en dit vorm die tweede komponent van 'n sin.

Wanneer 'n skeibare werkwoord (deeltjiewerkwoord) in die teenwoodige tye gebruik word, sal die een deel die tweede komponent vorm, en die ander deel sal na die einde van die sin beweeg.

Die eerste deel van 'n skeibare werkwoord is gewoonlik 'n voorsetsel; dis dié deel wat in die teenwoordige tyd na die einde toe beweeg.

Die voegwoorde dan (then), as (when), wanneer (when) en nou (now) word slegs in teenwoordige tyd-sinne gebruik.

Waar as die betekenis van if het, kan dit in ander tye ook gebruik word.

In oefeninge sal gegewe woorde of frases bepaal watter tyd jy sal gebruik. Voorbeelde hiervan vir die teenwoordige tyd is:  op die oomblik, nou, vandag, deesdae, ensovoorts.



Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking